Nuusflitse

Duisende werksgeleenthede verlore

Statistiek SA het pas die derde kwartaal van 2019 se syfers bekend gemaak. In vergeleke met die 2de kwartaal van 2019 het  28,000 werkers hul werk verloor.  Werkloosheid staan tans op 30% wat beteken dat een uit elke drie persone in die land werkloos is.  Die konstruksie bedryf en die vervaardigings sektor het beide 12,000 poste afgeskaal.  Voeg hierby die likwidasies wat met meer as 56% op ʼn  jaar-tot-jaar basis, toegeneem het.  Die kommerwekkende toestand kom terwyl die ANC se president die mense troos met hoeveel beloftes daar gemaak is om in die land te investeer, waarvan niks werklikheid word nie.

Damvlakke styg

Weens die swaar reënval die afgelope tyd in die noordelike provinsies het damvlakke in sekere provinsies gestyg met Gauteng op 111.3% . Noord Kaap  se damme staan tans op 75,3 % maar die groot bekommernis is steeds die Oos-Kaap wat op 47,2% staan.  Limpopo se damme is op 49 % terwyl die Vrystaat met 62,3 % tevrede moet wees.