Nuusflitse

Buitelanders sku vir SA

Buitelandse beleggers het bykans $10 miljard se beleggings gedurende 2019 onttrek uit die Suid Afrikaanse markte.  Die  swak ekonomiese groei in die land asook die afgradering van die land deur graderings maatskappye het beleggers sku gemaak.  Aandele word tans vinniger as effekte verkoop. Die ANC president se mislukte pogings om die land se ekonomie weer aan die gang te kry na twee jaar in sy amp het ook nie vertroue by beleggers verseker nie.

Leerlinge brand skool af

Leerlinge van die Zwelinjani Sekondêre Skool in Durban wat kwaad is rondom punte wat hul behaal het in die eksamen het die skool aan die brand gesteek. Die prinsipaal se kantoor, die skool kombuis en personeel kamer is vernietig in die brand.

SAA onder besigheids-redding

Ramaphosa het aangekondig dat SAA dringend onder vrywillige besigheids redding geplaas moet word uit vrees dat die entiteit “ongekontroleerd sal ineenstort”.  Hy het dit gedoen om te voorkom dat krediteure SAA kan likwideer om skuld te verhaal. Kenners meen dat die stap selfs te laat is om werklik die entiteit te red.  SAA benodig tans R2 biljoen om hul koste tot einde Maart 2020 te dek.

Verhoorafwagtendes ontsnap

Nege verhoor afwagtende prisoniers het ontsnap uit die Springs landdros kantoor se selle en is nog steeds op vrye voet.