Nuusflitse

Skietvoorvalle in Verwoerdburg

Drie afsonderlike skietvoorvalle in Verwoerdburg (Centurion) het die lewens van vyf persone gekos terwyl nege persone gewond is . Die voorvalle het in Olievenhoutbosch en Heuweloord  plaasgevind.

  • Sigarette in die kollig

Rokers wat E-sigarette “rook” (vaping) om sg. die rook gewoonte te oorkom word al hoe meer gewaarsku rondom die gevaar wat die instrument inhou.  Dit volg na verskeie aangemelde sterftes in die VSA wat gekoppel is aan die gebruik van elektroniese sigarette.  Meer as 90 lande het reeds regulasies ingestel rondom die gebruik van elektroniese sigarette en daar is verskeie pogings om die gebruik te verbied.  Ondersoeke toon dat sekere vloeistowwe in e-sigarette ‘n hoë kanker-risiko bevat.

SA Ekonomie krimp

Die SA ekonomie het met ‘n verdere 0,6% gekrimp in die derde termyn van 2019.  Die Landbou- en  myn bedryf asook die vervoer sektor se omset het al drie gedaal met die mynbedryf se 6,1% afskraling  as die grootse faktor.  Die Bruto Binnelandse Produksie toon slegs ‘n 0,3% groei die afgelope 9 maande.