Nuusflitse

Bagasie diefstal by OR Tambo

Diefstal uit passasiers se bagasie het die afgelope tyd drasties toegeneem by Tambo lughawe. Dit lyk asof veral parfuum die gewildste artikels is wat gesteel word. Dit volg ten spyte van honderde geslote baan TV kameras in die bagasie hanterings areas.  Passasiers word versoek om nie waardevolle items in bagasie te plaas wat in die bagasieruim van vliegtuie vervoer word nie. 

Robben Eiland voorsitter afgedank

Skaars vyf maande nadat die Ninister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, die Voorsitter van Robben Eiland , Bernadette Muthien, aangestel het, het hy haar afgedank. Dit kom na klagtes van wanadministrasie teen die raad van die Eiland.  Mthethwa  het reeds drie ministers poste beklee naamlik Minister van Polisie, Minister van Sport en nou minister van Kuns , Kultuur en Sport.

Britte wys Zwane en Magashule se optrede

‘n Britse NRO toon duidelike korrupsie aan in die Vrystaat tydens die premierskap van Ace Magashule asook betrokkenheid van Mosebenzi Zwane oor beweerde geld ontvang van die Guptas.  Die ondersoek bevat besonderhede van hoe senior politici in die Vrystaat gebaat het by transaksies met die gebroeders.