Noordpool: Denemarke bekommerd oor Sjinese

Denemarke is erg bekommerd oor die toenemende betrokkenheid van die Sjinese militêre magte wat onder die vaandel van wetenskaplike navorsing, besig is met projekte in die Arktiese Noordpool gebied.

Deense Intelligensie agentskappe sê die Sjinese gebruik wetenskaplike navorsing as verskoning terwyl militêre teenwoordigheid in die gebied toenemend waargeneem word.

Etlike maande gelede het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, ook beswaar gemaak oor die “aggresiewe Russiese teenwoordigheid” in die gebied, en gesê die Sjinese se optrede moet goed gemoniteer word.

Deskundiges reken die tyd van ’n groot magsvertoon tussen die VSA, Sjina en Rusland het aangebreek, en dat veel meer soortgelyke aggressiewe handelinge uit die Oosblok lande verwag kan word.

Die magspel wat tans waargeneem word in die Arktiese Noordpool verhoog die internasionale spanning, en moet saamgelees word met die Sjinese se kunsmatige eilande in die Sjinese Suid See gebied.