Noord-Korea lanseer nog missiele

Na byna ’n maand van stilte na die opspraakwekkende reeks missiel lanserings van Noord-Korea, het die leier, Kim Jong-Un sy tevredenheid uitgespreek met die jongste suksesvolle lansering.

Die lansering van twee kort afstand missiele, wat bestempel word as multi vuurpyle, is vanaf die oostelike kusgebied afgevuur en het in die see beland, sowat 300 km van die Japanse kus.

Die lansering kom te midde van die dreigement van Noord-Korea dat hy die VSA tyd gun tot die einde van die jaar om sy gesindheid teenoor  Pyongyang te verander.

Die kommuniste vereis dat die VSA meer buigsaam tot samewerking moet word alvorens die kernwapen onderhandelings hervat kan word.