Nog verdagte Knoesen meelopers vas

Die polisie het glo nog ’n verdagte van Harry Knoesen se Christen Weerstand Beweging aangekeer wat moontlik daal kan vorm van die terreurdade wat beplan is.

Alhoewel die polisie nie te veel besonderhede wil vrystel nie, blyk dit of die dame en twee ander wat aangekeer is, ook lid van die beweging kan weees wat hulleself as “crusaders” beskou.

Bewerings dat die 60-jarige pastoor Knoesen ook met ander Neo-nazi bewegings skakeling het, kon nie bevestig word nie.

Die redelik onbekende dame, Riana Heymans, wat deur die veiligheidmagte aangehou word, het ook Maandag vlugtig in die hof verskyn saam met Knoesen.

’n Polisie woordvoerder het glo gesê dat ’n derde persoon ook in hegtenis geneem is en het ook saam met die ander twee in die hof verskyn.