Meksiko-VSA kry konsenus oor dwelmbase

Die president van Meksiko, Andres Manuel Lopez Obrador, sê hy en ander senior regeringslui het ’n uitstekende en vrugbare vergadering gehad met die Amerikaanse Prokureur-Generaal, William Barr.

William Barr het samesprekings gevoer met Meksiko oor die bedreiging van dwelm kartel groepe wat tans groot onrus in Meksiko veroorsaak.

Die Amerikaanse Prokureur-Generaal het sy eweknie van Meksiko besoek om die ernstige aanvalle van dwelm kartel groepe te bespreek en oplossings vir die bedreiging te vind.

Dit volg nadat dwelmsmokkelaars verskeie Amerikaanse burgerlikes drie weke gelede doodgeskiet en beroof het, en president Trump in reaksie daarop gesê het die kartelle word as terroriste bendes beskou en behoort so behandel te word.

Lopez Obrador het dit duidelik gemaak dat die VSA nie moet inmeng in die stryd teen dwelmbase nie aangesien dit ’n skending van die land se grondwet bepalings sal wees, en daarmee het William Barr glo saamgestem.