Meer slaggate, ry versigtig!

Water wat in strate en paaie soos klein riviere stroom, is gevaarlik weens die vermeerdering van slaggate wat voertuie se bande kan beskadig.

Verskeie voorvalle het reeds plaasgevind van slaggate wat onsigbaar is weens die water op die ry oppervlakte, en word bande beskadig wat beteken ’n band moet in die reën vervang word.

’n Woordvoerder van die owerheid het gemaan dat motoriste baie versigtig moet ry waar die nat paaie glibberig is en dikwels groot slaggate het wat deur die baie reën nog groter spoel.

Die gevaar bestaan ook dat ’n beskadigde band die voertuig van balans kan trek en ongelukke kan veroorsaak, en ’n te hoe spoed in die gure weer verhoog die risiko van gevaarlike ongelukke.

Paaie word gevaarliker weens die swaar reën wat verspoelings veroorsaak, en kleiner slaggate spoel groter oop en soms ook veel dieper, wat band skade vermeerder.