Medupi: Lewensgevaarlike gemors

Die Madupi kragsentrale wat deur die ANC regime goedgekeur is om opgerig te word, is nie net ’n ekonomiese ramp nie, maar hou ook die gevaar is om menselewens te benadeel.

Die kragsentrale is nie net swak opgerig nie, maar het jare langer geneem om gefinaliseer te word en kan steeds nie sy volle kapasiteit lewer nie.

Madupi is anders opgerig as die konvensionele kragsentrales, en is wat beskryf word as die “nuwe droë=verkoelde” steenkool kragstasie.

Wanneer die kragstasie voltooi is en op volle kapasiteit is, sal dit die wêreld se grootste “droë-verkoelde”  kragstasie wees.

Ekonome en omgewings deskundiges het reeds gewaarsku dat doe 2020 afskop van die land se grootste steenkool kragstasie kan lei tot ernstige finansiële, asook klimaat katastrofes wat nog in SA gesien is.

Deskundiges sê Madupi gaan een van die land se grootste gevare word vir mense en die omgewing met sy gifgasse wat afgeskei word, en sal ook die grootste entiteit wees wat lug- en omgewingsbesoedeling betref wat duisende mense se lewens in gevaar sal stel.