Krieket SA is soos Eskom

Sodra onkundiges die baas van ’n instelling word, val alles plat om moeilik weer opgehef te word na die vlak waar dit voorheen was.

Dit is die mening van ’n voormalige krieketspeler wat verkies om anoniem te bly, maar daarop wil wys dat die grootste fout in Krieket SA se mindering lankal gesien is.

Daar is aanstellings in die hiërargie, en in die span wat die Proteas moet afrig, wat kwalik weet hoe ’n krieketbal lyk, maar wat ’n sê het oor wie en hoe gespeel moet word.

Dit is die logiese verklaring wat in Eskom ondervind is, en wat nou ook in Krieket SA so duidelik waarneembaar geword het, is gesê.

Dit is tog nie nodig om uit te brei oor hoe die ineengestorte Proteas se nederlaag om in die vorige toetsreeks so vrot te vaar dat hulle geen wedstryd kon wen nie.

Dit is egter die resultaat van enige saak wat gedryf word sonder om meriete te neem as maatstaf nie, en solank as wat Krieket SA vasklou aan die nuk van samestelling volgens velkleur, solank sal die wen van wedstryde wegbly, het hy gesê.

Met Standard Bank wat nou as hoof borg onttrek het uit krieket, lê daar ’n moeisame pad voor vir die wat dink hulle kan regeer sonder kundigheid.

Waarom Krieket SA so lank gewag het voor hulle die onbekwame Thabang Moroe afgedank het, sal niemand seker hoor nie, maar moes hulle eers die hoof borg verloor voor aksies geneem word..