Konserwatiewes wen Uruguay verkiesing

Luis Lacalle Pou

Teen alle verwagtinge in het die konserwatiewes die algemene verkiesing in Uruguay gewen, en daarmee die regerende party op die agtervoet gesit.

Die regerende party het die konserwatiewes se oorwinning bevestig en erken nadat die land se hoogste hof die beslissing gemaak het.

Die konserwatiewe Nasionale Party het kort nadat die finale stemme getel is, op die sosiale netwerk berig dat  Luis Lacalle Pou as presidentskandidaat die verkiesing gewen het.

’n Tweede berig is op die internet gesien wat lui dat Uruguay nou ’n nuwe president het, en kort daarna het , Daniel Martinez van die regerende party erken dat hulle die verkiesing verloor het.

Alhoewel die Nasionale Party ’n naelskraap oorwinning behaal het, wil dit lyk of hertel van die stemme nie nodig is nie.