Knoesen opstand word gestuit

Harry Knoesem

’n Groep wat onder leiding van ’n pastoor hulleself as “Crusaders” noem, en wat volgens gerugte terreur beoog het, word deur die valke gesoek.

Die pastoor, ene Harry Johannes Knoesen, is die leier van die Christen Weerstand beweging wat reeds deur die veiligheidsmagte in hegtenis geneem is, het Maandag in die hof verskyn.

Die media berigte lui dat Knoesen ’n “wit nasionalis” is wat reeds vir ’n geruime tyd beplan om die plakkerskampe en inkopie sentrums wil aanval.

Bewerings is gemaak dat die pastoor beplan het om ’n rasse oorlog te begin, wat sal fokus op swartmense in die land.

Onbevestigde berigte lui dat die Weerstand Beweging ook oor “fabrieke” beskik wat gevaarliks plofstowwe vervaardig, wat gebruik sou word om aanvalle uit te voer.