Kim Jong-Un vergader met militariste

Die leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, het ’n belangrike vergadering belê met die topstruktuur van die Weermag om bespreking te voer oor hoe die land se militêre vermoë uitgebrei kan word.

Kenners is bekommerd dat die optrede van Kim Jong-Un die voorloper is van sy terugkeer na die tekenbord om verdere ballistiese missiele te toets en te ontwikkel.

Die vrees bestaan dat die konflik met Washington ook hervat kan word, en dat dit die einde van enige verder dialoog oor die beeïndiging van Noord-Korea se kernwapen program kan laat stol.

Die gebeure het ook dat Sjina, Japan en Suid-Korea bymekaarkom om die verslegtende verhouding tussen die VSA en Kim te bespreek om ook moontlike optrede te oorweeg.

Kenners wys daarop dat dit baie selde gebeur dat Kim Jong-Un ’n groot vergadering belê met die regerende Werkersparty se Sentrale Militere Kommissie, wat ’n aanduiding is van hoe ernstig sy nuwe benadering kan wees.