Kataloniese separatiste behaal oorwinning

Carles Puigdemont

Twee voormalige Kataloniese separatiste leiers, Carles Puigdemont en Toni Comin, word toegelaat om hulle sitplekke in te neem as lede van die Europese Parlement.

’n Spaanse hof het vroeër bevind dat hulle nie toegelaat mag word tot die Europese parlement nie, maar die EU het die beslissing omvêr gewerp.

Die hoogste hof van die Europese Unie het bevind dat die twee lede toegelaat mag word om hulle sitplekke in te neem en ook bevestig dat ’n ander lid wat tans in ’n Spaanse tronk is, ook sy sitplek mag inneem.

Die Spaanse regering het die separatiste gearresteer, en verskeie leiers in die tronk laat beland, maar twee leiers, Puigdemont em Comin het verkies om die land te verlaat, en is daarna verkies tot die Europese parlement.

Puigdemont was die Kataloniese president wat die deelstaat onafhanklik verklaar het, maar die Spaanse regering het daarna toegeslaan en die separatiste leiers voor die hof gedaag.