Kataloniërs praat met Madrid regering

Die separatiste van Katalonië wat hulle beywer vir die onafhanklikheid van hulle streek, het aangekondig dat ’n gesprek met die sosialistiese regering van Madrid gevoer gaan word op 3 Desember.

Die sosialiste en die separatiste wil glo onderhandel oor ’n koalisieregering aangesien dat sosialistiese regering nie ’n volstrekte meerderheid in die verkiesing kon behaal nie.

Die eerste rondte samesprekings het misluk, maar die sosialiste wat geen ander party kon oorreed om ’n koalisie met hom te vorm nie, is nou aangewys op die Kataloniërs.

Die politieke ontleders in Spanje reken egter dat die Sosialiste en Separatiste se uiteenlopende beleidsrigtings gaan ’n brose koalisie beteken wat nie lank sal hou nie.

Waarnemers wys daarop dat die Sosialiste baie verleë is aangesien hulle tot onlangs geweier het om met die separatiste gesprek te voer, en die Kataloniërs se verset optogte dat hulle leiers uit die tronk vrygelaat moet word, het ’n reuse kloof tussen die twee groepe veroorsaak wat nie oorbrug kan word nie.