Justisie Departement beamptes aangekeer

Beamptes van die Departement van Justisie en Grondwet Sake het in die Zastron Landdroshof van die vrystaat verskyn op aanklag van bedrog.

’n Voormalige bestuurder in die howe, ene Desmond Mokhobo (32) en sy kollega, Mxolisi Kakalatsa (38), wat as administratiewe klerk diens verrig het, word aangekla van bedrog ten bedrae van sowat R380,000.

Die twee mans is die afgelope week in hegtenis geneem deur die Korrupsie Eenheid wat ondersoek gedoen het na die beweerde bedrog by die departement gedurende 2018 tot Julie 2019.

Bewerings word gemaak dat die twee beskuldigdes vervolg word weens hulle aandeel in diefstal van boetes, borggeld, hof boetes, wat alles deur die Departement hand=teer moes word.

’n Tweede aanklag van geldwassery en ander oortredings is ook aan die hof voorgelê wat beide ’n R2,000 borgtog gekry het, en beveel is om weer op 8 Januarie by die hof op te daag.