Johannesburg kry ANC burgemeester

Geoff Makhubo

Die brose koalisie met ’n DA burgemeester vir Johannesburg was ’n mislukking, en die twee vennote het nie daarin geslaag om hulle magsug eenkant te laat nie.

Dit het die ANC in die gunstige posisie geplaas om ’n meerderheid stem te behaal vir sy nou reeds omstrede kandidaat, Geoff Makhubo, wat nou die nuwe burgemeester is van die Goudstad.

Die magsbalans het aansienlike veranderings ondergaan in die stadsraad, en die ANC het beheer oor die stadsraad verkry omdat die DA en die Rooies nie weer mekaar kon verduur nie en albei die visier om die burgemeestersamp ingestel was.

Geoff Makhubo het 137 stemme getrek en die DA se Funzela Ngobeni het 101 gekry terwyl die Rooi brigade tevrede moes wees met 30 stemme.

Waarnemers wys daarop dat van die DA raadslede vir die ANC kandidaat gestem het, en daarmee getoon het hoe verdeeld die politieke party is.