Jacques Kallis moet Proteas red

Die verinneweerde Krieket Suid-Afrika het nou, net soos verskeie staats entiteite, hulle gewend tot blanke kundiges om die leisels oor te neem.

Jacques Kallis, wat op sy dag een van die land se beste krieketspelers was, is nou nader gebring om die arme spelers te wys hoe word ’n krieketkolf gebruik om wenlopie aan te teken.

Kallis is deel van ’n groep wat nou die tegniese span word om die Protea spelers in ’n opleidingsessie te neem en daarvoor is hy nader geroep.

Saam met hom is Mark Boucher, wat op sy dag SA se meester paaltjiewagter en kolwer was, wat nou die verdwaalde klomp spelers sal touwys maak oor hoe krieket gespeel word.

Die wending kom nadat die SA Krieket die een na die ander krisis ondervind het, en SA ’n vernederende toetsreeks verloor het teen Indie waartydens nie ’n enkele wedstryd gewen kon word nie.