Irakese magte dood tientalle protesteerders

Die veiligheidsmag in Irak het minstens 45 burgerlikes doodgeskiet wat waarskynlik betrokke was by die brandstigting van die Irannese konsulaat.

Die optrede van die veiligheidsmag word beskou as weerwraak en mag dalk ’n keerpunt wees in die weke lange gewelddadige verset teen die regering van Teheran.

Berigte lui dat 29 mense dood is in die stad Nassiriya toe die veiligheidsmagte met geweervuur op die burgerlikes losgebrand het.

Volgens die polisie is baie mense swaar geword, en baie is in hospitale opgeneem waarvan baie se lewens in gevaar is.

Die betogende massa het later met doodkiste ’n optog deur die strate van Baghdad gedra om hulle afkeur aan die polisie en veiligheidsmagte se optrede te toon, en slagspreuke geskree teen die beheer van die owerheid.

Later is vasgestel dat die veiligheidsmagte reeds meer as 400 burgerlikes doodgeskiet het sedert die verset optogte weke gelede begin het.