Inisiasie kultuur eis lewens

Verskeie instansie het nou ernstige beswaar aangeteken oor die swartmense se inisiasie kultuur wat reeds talle lewens die jaar geëis het.

Minstens 25 jong seuns het die afgelope jaar omgekom by inisiasie skole in die land, en sterk kritiek word uitgespreek oor die argaïese reëls wat nagekom moet word deur die seuns.

Die Kommissie vir Bevordering en Beskerming van Kultuur en Geloof het aangekondig dat verskeie inisiasie skole in die Oos-Kaap met onmiddellike effek gesluit word nadat verskeie seuns dood is tydens die inisiasie tydperk.

Van die belangrikste redes vir die sterftes word glo weens ontwatering veroorsaak omdat die urinering erge brand veroorsaak en gevolglik word vloeistowwe vermy.

Kersdag het die Kongres van Tradisionele Leiers in SA bevestig dat nog ’n seun in ’n inisiasie skool in Johannesburg omgekom het en dat ’n dringende beroep gedoen word op die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, dat die regering moet ingryp.