Inflasiekoers daal effens

Die beweerde daling in die verbruikers inflasiekoers wat nou op sy laagste vlak in nege jaar is, word deur talle ekonomiese deskundiges in twyfel getrek.

Alhoewel die daling deur sommige instansies verwelkom is, se verbruikers dat die daling beslis nie geloofwaardig is aangesien voedselpryse, brandstof en klerasie se pryse voortdurend hoër styg.

Die Suid0Afrikaanse Reserwe Bank het egter onder druk gekom met die aankondiging om die rentekoerse afwaarts aan te pas.

Na bewering het die verbruikers prys inflasie gedurende November gedaal tot die vlak van 3,6% wat in die raamwerk van die Reserwe Bank is wat die koers tussen 3 en 6% as aanvaarbaar gestel het.