Indië in rep en roer oor wetgewing

Die Indiese Eerste Minister, Narendra Modi, het ’n dringende vergadering met sy kabinetslede belê om die enorme protesaksie van die bevolking te bespreek.

Die Modi-regering word hewig gekritiseer vir ’n omstrede wet wat deurgevoer gaan word oor burgerskap, en die Indiese bevolking is nie gediend met die beoogde wetgewing nie.

Minstens 14 mense het reeds omgekom tydens protes optogte sedert die parlement die wet deurgevoer het, maar wat deur duisende mense beskou word as diskriminasie teen Moslems en ander kleiner geloofsgroepe.

Die volle kabinet is die naweek saamgeroep om die moontlikheid van verder gewelddadige optrede teen die optoggangers te bespreek, maar omdat Indiërs oorwegend Hindoe gelowiges is, sal die wetgewing waarskynlik op die wetboek bly.