Geldwa in gewapende rooftog besteel

’n Op-en-wakker  ooggetuie het gesorg vir ’n video opname met sy selfoon waar vier gewapende skurke ’n geldwa in Danville, Pretoria besteel het.

Die video wat op die sosiale netwerk beland het, toon hoe die vier gewapendes ’n aanval uitvoer op die geldwa.

Die video toon ook hoe ’n man wat in diens is van die geldwa se eienaars, met ’n groot sak geld in sy hand wegstap terwyl hy rondkyk of iemand hom nie dophou nie, en toe die agterdeur van die geldwa oopgemaak.

Nadat hy seker gemaak het die omgewing is “veilig”, en die deur oopgemaak het om die sak geld in te laai, verskyn iemand agter hom. Die tweede werker van die geldwa draai sy rug, kry gewapende mans agter hom, maar die kameras verklik die rowers.

Later verwyn die rowers met die sak geld, sonder om ’n skoot af te vuur, of om iemand te beseer.