Geert Wilders hou spotprent kompetisie

Geert Wilders

Die Nederlandse opposisieleier, Geert Wilders, is van plan om ’n spotrent kompetisie te reël wat Mohammed sal uitbeeld.

Die kompetisie sou reeds verlede jaar wees, maar is uitgestel weens die moontlikheid van gewelddadige aanvalle op die deelnemers.

Die nasionalistiese Geert Wilders, wie se politieke party die grootste in Nederland is, het die naweek aangekondig dat die spotprent kompetisie met Islam se profeet Mohammed nou gehou gaan word.

Hy sê dit val saam met die reg van spraak vryheid en nooi alle Nederlanders om deel te neem aan die kompetisie.

Verlede jaar is ’n 26-jarige man deur die polisie in hegtenis geneem wat gedreig het om Wilders te vermoor as hy sou voortgaan met die kompetisie.

Wilders is ’n uitgesproke politieke leier oor die onwenslikheid om Moslems en immigrante uit Oosterse en Afrika lande toe te laat in Nederland.    

Die Islamitiese wêreld het ernstige beswaar gemaak toe die Deense spotprenttekenaars ’n kompetisie gehou het in 2005.