Ford moet miljoene Rand opdok

Die saak wat reeds sedert 2017 aan die gang is teen die Ford maatskappy, het nou tot finaliteit gekom en sal Ford ingevolge ’n hof bevinding, miljoene Rand moet opdok.

Die Ford maatskappy wat aanvanklik ontken het dat sy Kuga model ’n ernstige en gevaarlike fout bevat, moes uiteindelik in die beslagting saak erken dat hy ’n voertuig vervaardig wat menselewens in gevaar stel.

Die Ford Kuga 1.6 EcoBoost model wat aan die brand geslaan het en een mens se dood veroorsaak het, word deur motoreienaars beskou as ’n genoegsame rede om die vervaardiger se deure te sluit in Suid-Afrika omdat geen bedrag kan vergoed vir die verlies van ’n mens se lewe nie.

Ford moet ingevolge die finale uitkoms, R35 miljoen aan boete opdok.

Alle eienaars wie se motors onklaar geraak het, moet R50,000 aan vergoeding ontvang, wat na kenners se mening ’n uiters onregverdige beslissing is, aangesien sommige eienaars veel meer as R60,000 se skade gely het.

Daar bestaan glo ’n opsie dat Ford eienaars verder met die maatskappy kan onderhandel indien hulle nie tevrede is met die bedrag wat toegeken is nie.

Die Vryburger kon nie vasgestel kry of die gevaarlike fout in die model intussen reggestel is en dat ’n openbare verklaring in die verband uitgereik is nie.

Sowat 160 eienaars het klagtes oor die Ford Kuga 1.6 EcoBoost ingedien.