Eskom

Die waarheid word verswyg deur die regime, want dit is ’n bewese feit dat die direksie en bestuur van Eskom nie net die regering in ’n magsgreep het nie, maar ook die hele ekonomie van Suid-Afrika vernietig.

In sy jongste optrede het Eskom geëis dat die kragverbruikers met nog R27 miljard moet opdok om sy onbekwame bestuur te subsidieer.

Die reeks verhale wet Eskom uitgedink het om sy eie onbevoegdheid te verberg, is vir helderdenkendes ontstellend en soms lagwekkend.

Nat steenkool wil nie brand nie, en later word die storie verander na “nat steenkool hanteer moeilik”, en toe mense op die sosiale net werk begin spot oor die belaglike rede, word ’n meer ernstige saak as red aangevoer – as die onbeplande instandhouding nie dadelik aandag kry nie, kan die hele netwerk inmekaar tuimel.

En Suid-Afrika moet dit glo.

Die miljarde Rand wat Eskom al weer vra met sy tipiese bakhand politiek, het reeds te vêr gegaan, en krag verbruikers is nou keelvol vir die bedelaar wat weier om sy werk effektief te doen.

Maandag kondig Eskom aan dat Fase 2 beurtkrag moontlik vir die res van die week van toepassing sal wees, maar ’n paar uur later word aangekondig dat Fase 4 in werking getree het.

Maandag laatmiddag kondaig Eskom aan dat Fase 6 ingestel word wat klaarblyklik die hele week kan duur.

Vir boere-Afrikaners is dit duidelik dat die kragvoorsiener nie instaat is om korrekte gegewens bekend te maak sodat nywerhede en sakelui, asook die huishoudings hulle beplanning kan doen nie.

Sy gebedel om op arrogante wyse te eis dat 16,6% tarief verhogings deur die owerheid toegestaan moet word, sal beteken dat nog R27 miljard in die Eskom put beland.

Nersa, die energie reguleerder, het die Eskom se gebedel gepubliseer vir openbare kommentaar, maar of Nersa oor die tande beskik om ’n stok voor die onsinnige gebedel te steek, sal die tyd ons leer.

Die ANC regime word gyselaar gehou deur die magsugtige kragvoorsiener wat duidelik te sleg was om sy skuld in te vorder van die lamlendige munisipaliteite wat miljarde rand verskuldig is, maar nie deur Eskom vasgevat word nie.

Dit lyk na baantjies vir boeties!