Eskom struikel en SA kan val

Die kragvoorsiener het sakelui se moed gebreek mat die jongste aankondiging dat beurtkrag, in fase 2, vir die res van die week van toepassing sal wees.

Eskom kon nie daarin slaag om geloofwaardige antwoorde te verstrek oor wat die rede is vir die onvermoë om te voldoen aan die vereistes van die land nie.

Intussen word krag voorsien aan buurlande teen ’n heel goedkoper tarief as wat verbruikers in die binneland moet betaal.

Beurtkrag word ook nie op die buitelanders van toepassing gemaak nie, en alhoewel daar bedankinge bestaan oor die betalings, word dienslewering getrou nagekom.

Nat steenkool en moeilike hantering van nat steenkool, is die jongste redes wat aangevoer word waarom beurtkrag ingestel is.

Ekonome reken ’n week van beurtkrag teen fase 2 kan soveel as R10 miljard verlies vir die land beteken, en met die sukkelende ekonomie kan dit selfs die einde van belangrike nywerhede se bestaan beteken.

Eskom het later n nuwe rede gevind vir die kragonderbrekings, en reken daar is noodsaaklike “onbeplande instandhouding” wat gedoen moet word ander gaan die hele netwerk in duie stort.