Eskom laat mynhuise sluit

Suid-Afrika se mynhuise sluit die een na die ander omdat dit te riskant geword het om tydens beurtkrag, hulle werkers ondergronds te laat werk.

Dit kos die mynhuise miljarde Rand om die ondergrondse myn aktiwiteite te stop en werkers steeds te moet betaal al is daar geen produksie vir die hele week nie.

Ekonome wys daarop dat Eskom besig is om die land se ekonomie sodanig te knou dat dit jare gaan neem om te herstel, maar die indruk word gelaat dat die kragvoorsiener geen simpatie het het, en die regering staan magteloos.

Die beurtkrag het die deur wyd oopgemaak vir ’n opvolg resessie en daarmee die tweede resessie veroorsaak binne twee jaar.

Met Fase 6 wat waarskynlik tot die einde van die week sal duur, hou sakelui ook asem op dat hulle staande sal bly terwyl Eskom skouers optrek.

Eskom beweer noudat noodsaaklike en :onbeplande” herstelwerk dringende aandag moet kry “anders stort die hele netwerk in duie”, het ’n woordvoerder gesê.