Eskom: Gordhan se jongste pleidooi

Die bankrot kragvoorsiener van Suid-Afrika moet deur die steenkool voorsieners bygestaan word in ’n poging om die entiteit se enorme krisis te help omdraai.

Dit is die siening van Minister Pravin Gordhan, wat die afgelope maande ten nouste gemoeid geraak het met die deurmekaarspul van Eskom.

Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan  sê die steenkool verskaffers moet “meer redelik wees” met hulle prysstruktuur aan Eskom.

Die minister sê hulle voer gesprekke met die verskaffers oor die prysstruktuur en wil seker maak dat hulle wel ’n positiewe bydrae sal lewer.

Eskom het die afgelope week sy finansiële stand bekendgemaak wat toon dat die staatsbeheerde entiteit wee ’n reuse verlies van nagenoeg R20 miljard sal toon vir die boekjaar.