Duisende vlug in Sirië

Woordvoerders van die Verenigde Nasies het bekendgemaak dat sowat 235,000 burgerlikes noodgedwonge hulle huise moes verlaat en gevlug het weens aanhoudende lugaanvalle op die gebied.

Die noordwestelike streek van Sirië word beheer deur die rebellegroep van Siriërs wat gekant is teen die regering van president Assad.

Russiese vegvliegtuie wat die Siriese regering ondersteun, het die afgelope twee dae vernietigende aanvalle uitgevoer wat duisende inwoners verplig het om op die vlug te slaan gedurende die afgelope weke..

Die grootste aantal vlugtelinge het uit die stad Maarat al-Numan en die omliggende dorpies padgegee.

Siriese weermag soldate, gerugsteun deur Russiese vegvliegtuie om lugaanvalle uit te voer, het die noordelike deel van die land bykans onleefbaar gemaak, en burgerlikes ondervind ernstige probleme om veilige huisvesting te bekom.

’n Woordvoerder van die rebelle opposisie sê president Poetin van Rusland wil elke Siriese burger dood skiet wat gekant is teen die regime.