Duisende liter alkohol gekonfiskeer

Geregsdienaars het duisende liters alkohol gekonfiskeer sedert die begin van Desember by strande in Kaapstad en omgewing.

Nagenoeg 8,000 bottels drank is van besoekers aan die strandgebiede afgeneem volgens die stad se “morele komitee” se woordvoerder.

’n Totaal van meer as 4,000 liter alkohol bevattende drank is afgevat by mense wat ook elkeen ’n boete van R500 gekry het.

Die woordvoerder sê die alkohol is by mense afgeneem wat op die stande en ander openbare plekke wou drink en dan onverantwoordelik optree.

Die mense word ook gearresteer, en kon ’n bykomende R650 betaal om dadelik vrygelaat te word.