Dresden museum diewe spoorloos

Die polisie in Duitsland het ’n reuse vergoeding van €500,000 uitgeloof vir enige iemand wat inligting kan verstrek oor die verdwene goedere uit die Dresden Museum, wat miljarde euro beloop.

Die juwele en ander kosbare goedere, waarvan die prys onberekenbaar is, het spoorloos verdwyn nadat diewe op onverklaarbare wyse daarin geslaag het om die paleis wat in ’n museum omskep is, binne te dring en die kosbare goeder uit die 18 de eeu weg te dra.

Die Dresden Grünes Gewölbe museum hou die grootste en kosbaarste juwele en antieke skatte van Europa, en die kosbae stelle juwele waarvan die waarde onberekenbaar is, kan nie vervang word nie en dateer uit die roemryke verlede van Europa.

Kamera opnames toon dat twee diewe die museum binne gegaan het en die kosbare goed gesteel het wat nou saam met die diewe, spoorloos verdwyn het.

Honderde diamante, waarvan die beroemde 49-karaat Dresden Wit Diamant een is, is saam met die juwele, waarvan drie stelle uit die 18de eeu dateer, is buitgemaak.