Die Swart Vrydag kullery

’n Kliënt wou ’n  Berlinger Haus Mable Coating Cookware stel koop op Swart Vrydag omdat dit geadverteen is as ’n reuse winskoop.

Die stel is aangebied vir ’n spesiale prys van R2,512 terwyl die verskaffer die normale prys gestel het op R6,028.

Die kliënt het Takelot genader en gevra “wat van ’n grap is dit”, wat toe sê hy het reeds die stel vir R2,512 vir die afgelope maande aangebied aan potensiële kopers.

Waar kom die prys van R6,028 dan vandaan, wou hy weet sonder om ’n konkrete antwoord te kry.

Die persoon sê sy agting wat hy vir die webblad gehad het, is vir goed verby, en hy sal geensins weer iets daar bestel nie.

Die Vryburger het herhaaldelik gewaarsku dat kopers hulle huiswerk moet doen en nie allerhande advertensies as waarheid aanvaar nie, en daarmee ook wag tot voldoende fondse gespaar is voor duur artikels met ’n kredietkaart gekoop word.

Die Vryburger het van verskeie lesers verneem dat fop inligting gebruik is om mense te lok na die winkels, en ander beweer dat hulle sekere goedere Saterdag aansienlik goedkoper kon koop as op Swart Vrydag, wat maar weer ’n bewys is van hoe noodsaaklik dit is om deeglike huiswerk te doen.