Die stories oor Zuma vermeerder

Die voormalige ANC president se “siekte” het nou ’n lang storie geword wat nie in een berig uiteengesit kan word nie, en daarom hou ons dit maar kort.

Die “vreemde siekte toestand” het veroorsaak dat Jacob Zuma in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is waar hy enkele dae “behandel” vir ’n siekte toestand wat onbekend is aan die media.

By sy ontslag het hy die ondersteuners voor die hospitaal ingang bedank vir hulle ondersteuning “tydens die moeilike tyd”.

’n Week later word verneem dat die man na Kuba is vir behandeling, en dat hy selfs na ’n “geheime hospitaal” is vir die “geheime siekte toestand” waarin hy verkeer.

Die ANC hiërargie, wat klaarblyklik ook twyfel het oor die siekte toestand, het hom sterkte toegewens as “die berigte waar is”.

Kenners reken egter dat die mediese wetenskap in Suid-Afrika veel verder gevorder is as in Kuba, en dat dit onnodig sou wees om so ’n reuse uitgawe aan te gaan deur na die plek te gaan waar mediese versorging maar bedenklik is.

Daar kan egter rede wees vir Zuma: Hy het ’n Shaik storie begin om die tralies te vermy, word gesê.