Die slegte nuus bly by SA

Die finansiële agteruitgang wat voortduur in Suid-Afrika het die sakesektor rede gegee om meer bekommerd te raak oor toekomstige sakebedrywighede op die meeste sake terreine.

Die Bruto Binnelandse Produk (BBP) het gedaal met 0,6% in die erde kwartaal van 2019 volgens die Statistiekdiens se verslag.

Gereken op ’n jaar-tot-jaar basis word dit gesien as ’n daling wat die ekonomie nou gestagneer het, en daarmee ernstige gevolge vir die skepping van werksgeleenthede inhou.

Die regering het gehoop op ’n groeikoers van 1,5%, maar ekonome het gewaarsku dat die mikpunt nie bereik kan word as voldoende nuwe werksgeleenthede nie geskep is nie.

Suid-Afrika is nou in ’n rommelstatus fase, en alhoewel Moody’s die enigste graderingsagentskap is wat dit nog probeer wegsteek, is dit duidelik dat die land in die volgende dekade gaan sukkel om ontslae te raak van sy ekonomiese krisis.