Die ontsaglike erkenning

Wat mans sal nie aangestel word in poste nie, wat Swart Bevoordeling is die ANC-SAKP regering se belofte aan die kiesers.

Daarmee wil die kommunisties gesinde regering ook bewys lewer dat hy oor die mannekrag beskik wat die land kan regeer en sy entiteite kan bestuur om vooruitgang te verseker.

Maar die ideologie is na 25 jaar van agteruitgang,  uiteindelik verkeerd bewys, en alhoewel die woorde nie gespreek het daarvan nie, het die daad alles gesê wat gesê moes word.

Die bestuur van Denel is uit radeloosheid in die hande van ’n blanke geplaas omdat daar klaarblyklik nie “uit die eie mannekrag” ’n bekwame persoon is wat die sukkelende, byna bankrot entiteit, uit sy verknorsing kon red nie.

Kort daarna word Suid-Afrika geskud toe Eskom dieselfde pad loop as Denel, met groter skuldlas, meer chaos in die bedryf, moes ’n kundige en vaardige aanstelling gedoen word.

En toe gebeur twee snaakse dinge: Die kommunisties gesinde regime vra die nuwe aangestelde hoof om tog gouer te begin, en die swart vakbonde kom ook tot helderheid en besinning – hulle vra dat die “kundige en vaardige” ingenieurs (waarvan daar glo 350 name op ’n lys is) teruggebring moet word na Eskom om die gemors van hulle eie maaksels reg te stel.

So gebeur dit ook dat die herstel van die SA Inkomstediens ook nie uit “die eie mannekrag” geledere reggeruk kon word nie.

As dit nie ’n woordelose erkenning van onbekwaamheid, onbetroubaarheid, en onvermoë is uit die geledere van die “eie mannekrag” nie, dan bestaan daar nie ’n metode wat dit kan bewys nie.

Dit is jammer dat die “eie mannekrag” eers alles moes opdons voor die bekwame, vaardige en betroubare mense aan die stuur van sake moes kom.

Die gebeure is egter een ontsaglike erkenning wat die ANC regering, die SAKP, en die swart vakbonde gemaak het.