Die chaos word al erger

Die chaos weens die enorme kragonderbrekings en die reën wat menige huishoudings ontwrig met oorstromings, het nie net in plakkerskampe chaos veroorsaak nie.

In Pretoria het groot dele van die stad sedert Dinsdagoggend skielik nie water in hulle krane nie, terwyl vloedwaters oral tot groot ontwrigting lei.

Onbevestigde berigte lui dat die Eskom kragonderbrekings veroorsaak dat water nie vinnig genoeg in Pretoria se opgaartenks gepomp kan word nie, wat lei tot leë krane.

Die aankondiging dat beurtkrag kan voortduur tot Vrydag of Saterdag, het sakelui en nyweraars raadop weens die groot verliese wat ondervind word. Verskeie instansies het hulle weer gewend tot groot diesel kragopwekkers om in bedryf te bly, veral omdat bewolkte weer die sonpanele se kapasiteit beïnvloed het.