Buurlande vergader oor Noord Korea

Die moontlikheid van hernude konflik tussen Pyongyang en Washington hang aan ’n draadjie, en daarom het Sjina, Japan en Suid-Korea vergader om die situasie te bespreek.

Groeiende kommer bestaan dat Noord-Korea hernude aksies kan neem met sy toetse van ballistiese missiele, terwyl die moontlikheid van voortgesette onderhandelings kan verskraal.

Suid Korea se President Moon Jae-in en Japan se Eerste Minister Shinzo Abe het met die Sjinese president, Xi Jinping, vergader.

Die drie leiers sal blykbaar in die Sjinese stad, Chengdu, bymekaarkom en is deur die Sjinese Eerste Minister, Li Keqiang ontvang.

Die kommunistiese Kim Jong-Un het al meer gefrustreerd geraak met die VSA se oënskynlike ongeergdheid om samesprekings te hervat, terwyl sy eie ekonomiese toestande byna daagliks versleg.

Noord-Korea verwag dat die VSA sanksies moet ophef teen sy land alvorens die onderhandelings hervat kan word, en probeer die VSA onder druk plaas daardeur, maar die Amerikaners het eerder ’n uiters moderne missiel suksesvol ontwikkel en getoets om daarmee die Koreane t laat verstaan dat die VSA nie bang is nie.

Kim het prober om druk te plaas deur Amerika te waarsku dat hy die VSA tyd gun tot 31 Desember, en indien daar nie aan sy verwagtinge voldoen is nie, sal geen verdere onderhandelinge gevoer word met president Trump nie.