Brasilië soldate na Venezuela grens

Pres. Jair Bolsonaro

Die Weermag in Brasilië het honderde trope na die grens met Venezuela ontplooi kort nadat vyf soldate van die buurland die grens wou oorgaan.

Die optrede het tot onderlinge spanning tussen die twee lande gelei, en vrese bestaan dat dit tot wapengeweld kan lei.

Die vermoede bestaan dat die vyf soldate as spioene die grens wou oorgaan, wat die spanning tussen die twee lande verhoog het.

Die vyf soldate is op Brasilië se grondgebied gevind, en het hulleself as drosters uit Venezuela se weermag voorgedoen, maar dit is met ’n knippie sout geneem.

Die Venezuela soldate het aangevoer dat hulle in hulle land se basis aangeval is, en besluit het om pad te gee, maar die Weermag van President Bolsenaro sê die moontlikheid bestaan dat hulle as spioene die grens oorgesteek het.

Die omstrede president van Venezuela, Nicolas Maduro, het later gesê 11 mense, vermoedelik soldate uit Bolivië, is gearresteer weens oortreding van die land se weermag beginsels.

Maduro sê die 11 soldate het met gesteelde wapens oor die grens na Venezuela beweeg waar hulle later gearresteer is.