Brandstofprys verander Woensdag

Die vakansie het reeds vir baie begin, en sal van Woensdag meer moet betaal vir petrol en minder vir diesel.

Petrol styg met R0-11 per liter vir 93 sowel as vir 95 grade, maar diesel verlaag in prys met R0-18 en paraffien verlaag met Ro-21 vir Desembermaand.

Ekonomiese deskundiges sê die styging in die prys van petrol, en die geringe daling in die diesel en paraffien pryse kan toegeskryf word aan die swak Rand wat maar net nie daarin slaag om weer terug te keer na sy vlakke van twee jaar gelede nie.