Botswana Winkelgroep is verkoop vir R1-00

Die winkels in Suid-Afrika wat bedoel is om die groot kettingwinkels soos PnP, Checkers en Spar te opponeer, het uiteindelik voet in die wind geslaan.

Die Botswana winkelgroep Choppies het so klei getrap teen die sakereuse van Suid-Afrika dat hulle nou hulle belange aan ’n ander instansie verkwansel het vir die reuse bedrag van R1-00.

Die nuwe eienaars, King Investments, het die winkelgroep oorgeneem van Choppies, die winkelgroep wat in Botswana op die aandelebeurs genoteer is,  asook sekondêr gelys is op die Johannesburgse aandelebeurs.

Die Coppies verliese het groter geword en die verlies aan ’n behoorlike kontantvloei het dit vir die kettinggroep al moeiliker gemaak in ’n kompeterende mark.

Die groep sê dit was nie moontlik om voort te gaan om van Botswana die aanhoudende verliese te dra wat in Suid-Afrika gerealiseer het nie.