Bosasa word vandag opgeveil

Die omstrede Bosasa onderneming van Gavin Watson wat hy 23 jaar gelede tot stand gebring het. Se deure sal oopstaan sodat potensiële kopers dit kan besigtig voor die onderneming onder die hamer kom.

Watson het sy onderneming op ’n vreemde manier gebou, en met sy skielike dood in ’n motorongeluk, het Bosasa ook tot ’n einde gekom onder Watson se vlerke.

Die onderneming gaan stuk vir stuk opgeveil word vandag, en Krugersdorp sal wemel van potensiële kopers en nuuskieriges wat sal kyk hoe die onderneming wat gebou is op R12 miljard se regerings kontrakte, uiteindelik is vele vreemde hande gelaat word.

Meer as 140 motorvoertuie, bakkies en groter vragmotors sal saam met duur meubels, rekenaar toerusting, asook gesofistikeerde veiligheidstoerusting van eienaars verwissel.

Industriële spyseniers en kombuis toerusting sal ook onder die hamer kom, wat deur Park Village Afslaers hanteer word.

Een koper sal waarskynlik met die metaalkleurige 2013 model BMW X5 daar wegry en iemand anders sal met ’n 2013 Porsche Cayenne Turbo S kan weggaan as die 2018 Mercedes Benz E250 deur iemand ander opgeraap is, of dalk die Audi S 5 Sportback.

Met al die weelde wat aangebied word om gekoop te word, kan die vrae steeds onbeantwoord bly.