Bongo moet trap, Ace ontevrede

Bongani Bongo

Die ANC se sogenaamde “integriteit kommissie” het aanbeveel dat die omstrede parlementslid, Bongani Bongo uit alle strukture van die ANC moet verdwyn.

Die komitee het sy versoek gerig tot die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC, dat die opdrag gegee moet word vir verwydering van die parlementslid wat ’n beskuldigde is van korrupsie.

Bongani Bongo moet glo aangesê word om te bedank as parlementslid en ook uit alle ander strukture waarby hy betrokke is, maar dit geval Ace Magashule glo glad nie.

Die komitee is van oordeel dat die optrede nodig is om die vertroue van kiesers te herstel in die ANC, en dat dit in openbare belang is dat die aanbeveling uitgevoer word.

Bongo, die voormalige Minister van Staatsveiligheid, en nou voorsitter van die parlementêre komitee oor Binnelandse Sake, het verlede week in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie. Bewerings is gemaak dat hy op video vasgetrek is waar hy omkoopgeld aangebied het.