Bolivia verkiesing was onregverdig

Evo Morales

’n Lywige verslag wat deur die Organisasie van Amerikaanse State uitgereik is toon dat “grootskaalse manipulasie” ten gunste van Evo Morales plaasgevind het tydens die stemtelling na die verkiesing van Oktober vanjaar.

Die voormalige president het bedank en die land uit gevlug nadat woedende kiesers in massaoptogte beswaar gemaak het teen die aangekondigde uitslag.

Die span wat die verkiesings oudit uitgevoer het, sê in ’n 100 bladsye verslag dit is duidelik dat die manipulasie ten gunste van Morales gedoen is.

Die oudit-span het ook ’n versteekte rekenaar bediener gevind wat gedurende die verkiesing stemme toegedeel het aan Morales wat hom nie toekom nie, maar Morales het glo aan die media gesê die oudit is nie betroubaar nie.