Boere trap veediewe vas

Die polisie het laat opgedaag, maar die boere nie, en daarom kon veediewe in die Vrystaat vasgetrek word en kon die polisie ’n trop skape terugkry.

Die polisie kon daarin slaag om 213 uitsoek Merino skape terug kry wat deur veediewe gesteel is, en het later ’n Isuzu bakkie gevind waarop 19 gesteelde skape was wat gereed gestaan het om weg te ry.

Twee veediewe is gevange geneem danksy die snelle optrede van bere wat nou geteister word deur diewe wat gereeld van hulle vee steel.

Die diewe het toegeslaan op ’n plaas in die Vredefort distrik, maar die vinnige optrede van boere het vee ter waarde van meer as R600,000 herwin en die polisie het ook beslag gelê op die bakkie wat vermoedelik ook ’n gesteelde voertuig is.