Beurtkrag weens swak vakmanskap

Die Fase 4 beurtkrag wat sedert eergister op Suid-Afrika afgeforseer is, word toegeskryf aan die swak vakmanskap met die oprigting van die Madupi kragsentrale wat aanvanklik hoog geprys is deur die ANC regering.

Die kragsentrale het soveel probleme opgelewer in die afgelope week dat die Eskom bestuur noodgedwonge die beurtkrag na Fase 4 moes neem.

Alhoewel niemand bereid is om te verduidelik wat die foute by Madupi is nie, het waarnemers daarop gewys dat dit ernstige foute is wat reggestel moet word wat Eskom genoop het om eers na fase 6 oor te skakel, en toe weer terug na Fase 4.

Kenners meen die Madupi sentrale gaan nog etlike dae onklaar wees om sy volle kapasiteit te lewer, wat beteken dat Suid-Afrika nog dae lank gaan sien hoe miljarde Rand verkwis word.

Alles dui daarop dat die huidige insinking in die land se ekonomie die graderingsagentskap Moody’s kan forseer om te erken dat rommel status nou ’n werklikheid is.