Balkan lande vergader oor vrye bewing

Minstens vier leiers uit verskillende Balkan lande het die afgelope week vergader om die vrye beweging van werkers tussen die lande te bespreek.

Die doel van die maatreël wat hulle wil instel, is om ’n sterk, gesamentlike poging aan te wend om lidmaatskap van die Europese Unie te bekom.

Serwië se President Aleksandar Vucic, Albanie se Eerste Minister, Edi Rama, Noord-Masedonie se premier, Zoran Zaev en Montenegro se president, Milo Djukanovic  het later ’n gesamentlike nuuskonferensie gehou waarin die doel van die vergadering bekendgemaak is.

Die leiers het in die hoofstad Tirana, in Albanie vergader om hulle gesamentlike kragte aan te wend om uiteindelik lidmaatskap van die Europese Unie te bekom.

Al vier die Westelike Balkan state was vir lang tye gedurende die jare 1990 en daarna in oorloë gewikkel en is nou geïnspireer om hulle nuut gevonde soewereiniteit en stabiliteit te gebruik om EU lidmaatskap te verwerf.

Alhoewel hulle entoesiasme gedemp is met die Brexit episode wat nou gefinaliseer word, glo die klein Balkan lande dat lidmaatskap vir hulle voordelig kan wees.