ANC regering nou paniekerig

Die korrupsie, wanbestuur, swak personeel aanstellings en ander ongerymdhede wat die land tot rommelstatus gedruk het, is besig om sy tol te eis.

Die ANC regering het nou glo kort-termyn maatreëls aangekondig in ’n powere poging om die ekonomiese gemors te stabiliseer deur die skuldlas as eerste probleem aan te spreek.

Die reuse verkwisting in uitgawes word nou glo aangespreek volgens die adjunkminister van Finansies, David Masondo.

Hy het die opmerkings gemaak tydens sy toespraak by die SA Geleentheid Konferensie in Kaapstad, en bygevoeg dat die regering die mikpunt gestel het om die gaping tussen jaarlikse nie-rentedraende uitgawes en die ander skulde teen 2022 af te los.

Hy sê die regime het reeds R50 miljard aan uitgawes geïdentifiseer wat verminder kan word in die volgende twee jaar.

Hy beweer dat daar ook ’n verdere R150 miljard in ander sektore verminder kan word, maar wil die versekering gee dat dit nie dienste sal benadeel nie.

Kenners wys daarop dat die minister se inligting, indien dit werklik tot uitvoer gebring word, slegs ’n druppel in die see van skulde sal wees.

Die regering behoort spaarsaam te werk met die land se geldsake, maar dit alleen is nie voldoende om die gemors op te klaar nie, daarvoor is kundigheid en werkskepping projekte van ’n groter omvang veel belangriker, maar die regering se optrede spreek van paniek word gesê.