Albanie dodetal styg na aardbewing

Terwyl spanne soekende mense nog mense onder die puin vind, het die dodetal reeds tot 46 gestyg wat omgekom het in die verwoestende aardbewing.

Die ma van ’n 2-jarige tweeling wat onder die puin van hulle woonhuis gevind is, het groot droefheid oor die kinders gebring wat wonderbaarlik aan die dood ontkom het.

In die stad Durres, wat in die westelike deel van Albanië geleë is, het die Richterskaal op 6,4 gestaan toe die aardbewing in die donker ure van die nag die grootste deel van die stad geskud het.

Die streek se inwoners het in algehele paniek verval toe hulle die daaropvolgende dae meer as 500 na-skokke gevoel het, waarvan talle meer as 5,0 op die Richterskaal geregistreer het.

Die land was in ’n staat van erge skok terwyl feesvieringe beplan was om die onafhanklikheid vir die 107de jaar te geniet.

Van Griekeland, Roemenië en Italië het spanne mense gaan help om te soek na die talle inwoners wat nog as vermis aangemeld is.